We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Dolfynestrand

from En Met Tyd by Rozanne Gewaar

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    Purchasable with gift card

      $1 USD  or more

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Includes unlimited streaming of En Met Tyd via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 10 days
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

lyrics

Dis nie die grootste strand nie
Dis skaars ‘n halfuur diep
Minuut se stap van die grootpad af
Weggevoer, wonderlik, alleen
Maar hier kan jy in die oggendkou
Met dolfyne die pas volhou
Teen die hawemuur arms om bene vou
En net aanskou
 
Teen die branders se geruis

Bevind ek my opeindelik tuis, dolfynestrand
 
Die fosfor in die laatnag
Skyn groen op ons verweer
Keer op keer getyeseker
Groei ons, breek ons, trek ons terug
Niemand kry twee keer seer
 
Ek wou jou nie wond nie,
Te laat, jou blik wyk weg
Koud soos ‘n diepnag druppel
wat vreesloos spat, uitdagend terg, ons lag terwyl ons veg
 Eens het ek gedink jy sou die mooi in my bevry
Jy het, jy het, jy het, maar op ‘n veilige afstand gebly
 
Die seevoels hier het min te kwel
Dis ‘n beeld wat hul goed ken

Vreemdelinge wat alleen diepdroom
Hul lied aan die see erken

Staan stil terwyl die water my lied na die diepsee trek
Terwyl die ritme van die aarde

Die siel kalmeer, die nag besweer, gemoed tot vrede stem
 
Ja, ek dra my trane op aan ‘n see wat ek soms voed

Teen die ysterduine rus ek

Terwyl die vrae tot vrede woed

credits

from En Met Tyd, released January 15, 2013
Lirieke en musiek: Rozanne Gewaar
Cello: Ha!Man Francois le Roux

license

all rights reserved

tags

about

Rozanne Gewaar San Francisco, California

contact / help

Contact Rozanne Gewaar

Streaming and
Download help

Redeem code

Report this track or account

If you like Rozanne Gewaar, you may also like: