We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

En Met Tyd

by Rozanne Gewaar

/
  • Streaming + Download

    Includes high-quality download in MP3, FLAC and more. Paying supporters also get unlimited streaming via the free Bandcamp app.
    Purchasable with gift card

      name your price

     

  • Compact Disc (CD) + Digital Album

    Includes unlimited streaming of En Met Tyd via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.
    ships out within 10 days
    Purchasable with gift card

      $10 USD or more 

     

1.
Dis nie die grootste strand nie Dis skaars ‘n halfuur diep Minuut se stap van die grootpad af Weggevoer, wonderlik, alleen Maar hier kan jy in die oggendkou Met dolfyne die pas volhou Teen die hawemuur arms om bene vou En net aanskou   Teen die branders se geruis 
Bevind ek my opeindelik tuis, dolfynestrand   Die fosfor in die laatnag Skyn groen op ons verweer Keer op keer getyeseker Groei ons, breek ons, trek ons terug Niemand kry twee keer seer   Ek wou jou nie wond nie, Te laat, jou blik wyk weg Koud soos ‘n diepnag druppel wat vreesloos spat, uitdagend terg, ons lag terwyl ons veg  Eens het ek gedink jy sou die mooi in my bevry Jy het, jy het, jy het, maar op ‘n veilige afstand gebly   Die seevoels hier het min te kwel Dis ‘n beeld wat hul goed ken
 Vreemdelinge wat alleen diepdroom Hul lied aan die see erken
 Staan stil terwyl die water my lied na die diepsee trek Terwyl die ritme van die aarde 
Die siel kalmeer, die nag besweer, gemoed tot vrede stem   Ja, ek dra my trane op aan ‘n see wat ek soms voed
 Teen die ysterduine rus ek 
Terwyl die vrae tot vrede woed
2.
Kissies 04:48
Klein kompartemente met kissies lewe In watter kompartement sal ek pas Jy se daar is ‘n rede en dit werk vir jou, ek’s in ‘n lewekissie toegevou Maar die kissies gaan nie weg nie, hul’s net weggepak Die stemme word nie stil nie, al word hul stadig swak My stemme leef in my, elke een het my bygebly Donker hare van silwersy en ‘n man se lag wat roep in my En ek wag vir tyd wat moet bevry dog wortel skiet en rank in my Dis 'n mite, die kissies is gemaak van vleeskleur sy En in die lag se suurreën is die kouse straks geleer Voel hoe sagte vingers deur kissiewande beur   En o daar is nie vrede nie, daar is nie vrede nie, daar is nie vrede nie solank daar skeiding is   Kan ek ‘n kasteel van gedagtekissies bou? Kan ek deur hul klim, en ‘n tuiste vind by jou?    Kan ek werklik liefhe, solank ek jou onthou? Dis iets wat ons almal moet leer om ons kissies goed te bou Want die reels het als verander ons paadjies kronkel skeef Ons leer om baie lief te he, en ons kissies styf te weef
3.
Spinnekopwyfie lag met jou as haar bene om jou lyf lotus vou 
Spinnekopwyfie sê sy hou van jou Met haar voelers teen jou rug begin sy kou

 En die dag verwroeg en die grafte wyd
 Teen ‘n pers godswoede verloor sy die stryd 
Proe die soet van vlees en bloed
 Proe die soet van vlees en bloed
 En wonder in die stilte waar is jou woorde nou? 
Daar’s ‘n klank wat kap soos ‘n stukkende hart
 En ‘n vrou se kreet as jy slap stom breek 
Kyk na die skadu van ‘n roerlose vrou
 Spinnekopwyfie ween vir jou 
Spinnekopwyfie bid vir jou
 Spinnekopwyfie ween vir jou

 Spinnekopwyfie, eensame vrou
 Grafte soos spieëls wat om haar vou
 Loop tussen mure gekerf uit weet 
Die blou soos suur, onskuld vergeet
 En die dag verwroeg en die grafte wyd 
 Teen ‘n pers godswoede verloor sy die stryd
 Proe die soet van vlees en bloed
 Proe die soet van vlees en bloed 
En wonder in die stilte waar is jou woorde nou?
4.
Het Lief 02:41
Het lief is ‘n bewing 
‘n flikker adrenalien 
En ek snak, wag 
Snak, wag
 En ek snak, wag
 Vir die vlinder om te land Daar is ‘n lewing, ‘n wering, beswering teen nou
 Daar is ‘n roering, vervoering, verwondering van jou En ek snak, wag 
Snak, wag
 En ek snak, wag 
Vir die vlinder om te land Daar is ‘n wese, ‘n keuse, die vrese wat ons hou
 Daar is ‘n baring, aanvaarding, ‘n skaring by jou En ek snak, wag
 Snak, wag
 En ek snak, wag
 Vir die vlinder om te land
5.
Vanaand 02:44
Vanaand Kom ons vlieg vanaand
 Met ons laaste spaargeld en more se drome Verpand al wat was vir ‘n bries en ‘n lag
 Vir golf en vir breek Vir spat en betrag 
En vir more se drome 
Vanaand   Sit teen my stil en eb en eb 
Styf teen my stil, eb en eb
 Pak niks en wag niks Dalk kom ons nooit terug Vanaand Kom ons vlieg vanaand
 Met ons laaste spaargeld More se drome Vanaand
 En is ons sout, is ons lot se vrou
 En is ons wys, is ons ons drome trou Vanaand   Vanaand, kom ons vlieg vanaand
 Met ons laaste spaargeld
 En more se drome Vanaand
6.
Olie, vuur en water Hoe later hoe kwater Die duiwel le lus in jou gange   Sy’s ‘n streetwise blom en sy laat jou nog nie kom nie Die dou le nog sug teen haar wange   Hou haar skoon, duisendvuur man    Sy is vuur in jou hande en water in jou mond Maar nog so jonk Sy is wys vir haar jare, wil alles he, en alles gee, Maar nog so jonk   Hou haar skoon Want jy kan Hou haar skoon Duisendvuur man
7.
Waterspel 03:28
In stilte wat is, wonder ek wat werklik is In aanraking wat was wonder ek wat werklik was Jy, aandagtig, vriendelik, afstandig reik onverwags uit Met ‘n kleinglimlaggee wat my, verras, Huiwerend in jou rigting laat tree   Dis ‘n spel Ons roer die blink oppervlak Terg met nat druppels en laat dit terugsak Kyk na jou hand Droog, brandend en teer Kyk na die water, stil, onversteur Kyk na die water, stil onversteur Kyk na die water, stil onversteur   In ‘n nagstil wat woed, wonder ek of jy nog onthou Kortstondig en soet, soos ‘n dag se ontwaking wat oor die aarde vou Oor dreunende tafels, met lied en kitaar; voel hoe hartsnare skeur Jy het gereik en ek was daar, ek is onopgemerk meegesleur    Jou ooglede sag, koel, teen vingers gevlei ‘n amper-herinnering woed binne my ‘n amper-herinnering woed binne my
8.
En Met Tyd 04:11
Die jare le soos vure uitgebrand tussen ons Ek dink terug aan jou hande en die vlamme Die goudlig in jou glas  en ons woorde wat veras En die aand wat roer om ons   En met tyd en ongesproke spyt Kyk ons by ons vensters uit en wag vir tyd om te besluit vir jou om hier na my toe terug te kom vir jou om hier na my toe terug te kom   Die seine teen  ons lywe het vervaag  Drooggewag, opgelag, versag Jy kon my nie vashou nie; ek kon jou nie tem Die uurglas le gebreek teen die diep vibrasie van jou stem   Verstar ons kan nie wegkyk nie, geknel, droomverlore Deur vure en die strominge van tyd Ek leen al jou ou beelde Hou hul vas teen my Die knettering van herinnering is te mooi om te bestry as die aand hier roer om my
9.
Daar's 'n kus in 'n klinker en 'n leeftyd in a-mineur In die donker nag van Manville kry woorde hul eie muskaatgeur In die suiwerste van stilte, in die skoon kleur van gebed Daar's niks mooier nie as die mens wat die mooiste woorde het Jy kan maar vir my aanhaal en heelnag vir my sing Vir jou stem alleen sal ek my as 'n offerande bring En ek luister tot dit stilword en jy net asemhaal Ek krap krap deur jou skanse, jaag 'n woorde silouette In 'n labirint van klinkers wat dubbelvou en kruisvertrou en nerens uitgang het En ek gryp vas aan jou hare, probeer woorde uit jou mond staal Terwyl jy ligtelik my kinderlag uit ou stofgegaarde kamers haal En ek luister terwyl dit stilword en jy net asemhaal En wat is daar in blomme, diamante en in deug As ek oor 'n kersgelaaide tafel in jou oe sou kyk, en niks sou kry wat tot my diepste wese spreek Gee my liewers Krog en die stilte van net asemhaal En iemand soos jy dalk wat liefde maak met taal En iemand soos jy dalk wat liefde maak met taal En iemand soos jy dalk wat liefde maak met taal
10.
Lief, lief, lief Het soos 'n leë swaai in 'n kinderpark gewieg In warmbak vrugson vir niemand gebieg O lief   Jou ampervorm het soos silwer strome om en om my kleinlag gebaar Verkyk veraf kinders wat in die leegte skaar Wip op en af Alleenvrou straf O lief   Ver in die wêreld, kleintjie, dans my hart met jou En ek draai, draai om jou Huppel raai, raai om jou Vingers blonde vlegsels nou wat karring, karring om jou Daar's 'n klein groen baadjie in die lang kas wat wag vir jou O lief   Lief, lief lief Het soos 'n leë swaai in 'n kinderpark gewieg In warmbak vrugson vir niemand gebieg O lief

credits

released January 15, 2013

license

all rights reserved

tags

about

Rozanne Gewaar San Francisco, California

contact / help

Contact Rozanne Gewaar

Streaming and
Download help

Redeem code

Report this album or account

If you like Rozanne Gewaar, you may also like: